Do you like this page, Share it with the world.

News

Snr Redenaars Kompetisie 17 Julie 2012

Admin Admin - Monday, July 23, 2012

Die afgelope Dinsdag, 17 Julie, het Ligbron Akademie vir Tegnologie se jaarlikse Senior Redenaars kompetisie plaasgevind.  Die leerders was baie kompeterend teenoor mekaar met verskeie boeiende toesprake.  C.R. Hugo het met die tema: "Ontgroening veroorsaak jaarliks probleme by skole en op kampusse.  Is dit in 2012 steeds `n noodsaaklikheid of is ontgroening uitgedien? Ja" die eerste plek los gepraat.  Talita Stapelberg het met die tema:  "Die dwelmmonster verslind ons kinders. Ja" die tweede plek behaal.  Elsje van der Schyff het die derde plek behaal met die tema: "Grootmense is kinders se grootste nagmerrie. Nee."

Die senior en junior redenaars se beste twee sprekers gaan deur na die Interhoër Redenaars kompetisie.  Baie sterkte aan C.R. Hugo, Talita Stapelberg, Marisa Ferreira en Ibraheem Desai wat tydens 2012 die Liggies gaan verteenwoordig by hierdie kompetisie.




Top
  • Follows us
  • Ligbron on Facebook