Do you like this page, Share it with the world.

News

Eksamen Rooster Junie 2013

Admin Admin - Friday, May 31, 2013

Sien die volle Eksamenrooster op "Liggie Weekliks" blad!

READ MORE...

Kos- en Kunsmark: Saterdag 1 Junie 2013

Admin Admin - Tuesday, May 28, 2013

Die maandelikse Kos- en Kunsmark vind komende Saterdag weer plaas vanaf 8h00 tot 14h00 op die Ligbron terrein. Kom geniet 'n heerlike dag saam met al die uitstallers. Maak jou koekie blikke weer vol of kry jou middagete sommer by die mark!

***

The Monthly Food and Craft Market takes place this coming Saturday from 8h00 to 14h00 at Ligbron. Come and enjoy a wonderful day with all the exhibitors. Fill your cookie tins again or just come and have lunch at the market!

READ MORE...

Pool Games End / Poelwedstryde Eindig

Admin Admin - Tuesday, May 28, 2013

RUGBY

Ligbron Academy of Technology faced their last pool match against H/S Hoogenhout on Saturday, May 25, 2013. Ligbron rugby continued with their good performances in this year's league. Seven of the nine teams walked away victoriously. The U/15A-team, who have not lost a game this year, lost in a nail-biting battle with a score of 22-20. The John Wright Veneers First Team did not play according to their potential and was behind at halftime with a score of 8-3. Nthokozisi Hlubi and Ebenaeser Sibeko both scored a try  in the second half , but could not convert it into more points on the scoreboard. With just 14 men Hoogenhout scored a three in the final moments of the game  bringing  the score to 13.  The Liggies lost in the final seconds of the game with 13-8.  Ligbron's Second Team succeeds in 13 tries in a stunning performance and won with a score of 83-0.
The rest of the scores were as follows: (Ligbron scores first)
U/14 A: 13-5
U/14 B: 34-10
U/15 A: 20-22
U/15 B: 26-5
U/16 A: 33-12
U/16 B: 31-0

HOCKEY 
The hockey performed very well by not losing one match for the day. The First Team won 2-1; Second Team drew 1-1. The U/16 `s and U/15` s both won 3-0. The U/14 `s finished equally with 0-0.


The next match will be the Quarter Finals in Secunda on 8 June 2013.
Photo: Louis Kritzinger

****


Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag, 25 Mei 2013, op hulle tuisveld in die laaste poelwedstryde teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal te staan gekom.  Ligbron se rugby het voortgegaan met hulle goeie vertonings in hierdie jaar se Liga. Sewe van die nege spanne het Saterdag as oorwinnaars van die veld af gestap.  Die O/15A-span, wat vanjaar nog nie 'n  wedstryd verloor het nie, was in 'n  naelbyt stryd betrokke en het met 'n  telling van 22-20 as verloorders van die veld gestap.  Die John Wright Veneers Eerstespan het nie volgens potensiaal gespeel nie en was rustyd met 'n  telling van 8 – 3 agter.  Nthokozisi Hlubi en Ebenaeser Sibeko druk in die tweede helfde elkeen 'n  drie, wat nie verdoel is nie en die Liggies is tot in die laaste sekondes van die wedstryd voor met 13 – 8.  Met net 14 man druk Hoogenhout 'n  drie in die doodsnikke van die wedstryd om die eindtelling op 13 elk te staan te bring.  Ligbron se Tweedespan slaag daarin om 13 drieë te druk en in 'n  pragvertoning te wen met 'n  telling van 83 – 0. 

Die res van die tellings was soos volg: (Ligbron se tellings eerste)

O/14 A :-              13 – 5

O/14 B :-              34 – 10

O/15 A :-              20 – 22

O/15 B :-              26 – 5

O/16 A :-              33 – 12

O/16 B :-              31 – 0

 

Die hokkie het ook `n goeie vertoning gelewer en nie een wedstryd vir die dag verloor nie.  Die Eerstespan het gewen met 2-1; die Tweedespan het gelykop gespeel met 1-1.  Die O/16`s en O/15`s het albei gewen met 3-0.  Die O/14`s het gelykop geëindig met 0-0 nadat nie een van die spanne `n doel kon aanteken nie. 

 

Ligbron het eerskomende naweek 'n  loslooitjie en die kwartfinale vind die daaropvolgende naweek plaas te Secunda.

Foto: Louis Kritzinger




READ MORE...

Former Student in the Protea Cricket Team

Admin Admin - Monday, May 27, 2013

Lizelle Lee, `n oud-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, het verlede Woensdag, 23 Mei, haar debuut gemaak in die Protea Krieketspan teen Zimbabwe.  Sy was die openingskolwer en het `n reuse telling van 103 van 125 balle aangeteken.  Sy het so gesorg dat Suid-Afrika die eerste wedstryd in hierdie reeks wen.  Die Liggies is baie trots op Lizelle en wens haar alle voorspeod toe vir die reeks teen Indiè wat na afloop van die vakansie gaan plaasvind. 

***

Lizelle Lee, a former student of Ligbron Academy of Technology,made her debut last Wednesday, May 23, in the Protea Cricket Team against Zimbabwe. She was the openings batman and scored 103 from a total of 125 balls. She therefore ensured a win for South Africa who won the first game in this series. The Liggies are very proud of Lizelle and wish her ​​all of the best for the series against India, which will take place after the holiday.

 

Foto: Lizelle Lee tydens die wedstryd teen Zimbabwe.  Hierdie foto is verkry vanaf die Krieket SA se Facebook blad

Photo: Lizelle Lee during the match against Zimbabwe. This picture was obtained from the Cricket SA's Facebook page

       



 

READ MORE...

Netbal GS Wenners / Netball GS Winners

Admin Admin - Monday, May 27, 2013

Ligbron Akademie vir Tegnologie se A-netbalspanne het Saterdag, 25 Mei, aan die uitspele vir die Gert Sibande streek deelgeneem te Standerton.  Die Liggies het baie goed presteer en al vier spanne gaan deur na die Mpumalanga uitspele wat 8 en 9 Junie plaasvind te Standerton.  Die O/17A span is Gert Sibande wenners nadat hul die volgende spanne almal gewen het: Hoërskool Ermelo 16-6; Hoërskool Standerton 17-8; Hoërskool Hoogenhout 14-10 en Hoërskool Secunda 7-4.  Die O/16A span het is ook Gert Sibande wenners nadat hul die volgende spanne almal gewen het: Hoërskool Ermelo 26-2; Hoërskool Standerton 15-9; Hoërskool Secunda 12-9 en Hoërskool Oosterland 26-7.   Die O/15A span gaan deur as die nommer vier span nadat hul verloor het teen Hoërskool Ermelo 8-9; Hoërskool Oosterland 5-11 en Hoërskool Secunda 8-9.  Die O/14A span gaan deur as nommer drie span.  Hulle het Hoërskool Standerton gewen 11-4 en en Hoërskool Oosterland gewen 11-7.  Hulle het verloor teen Hoërskool Ermelo 8-15 en ook verloor teen Hoërskool Secunda 19-12.

 

***


Ligbron Academy of Technology participated in Standerton for the Gert Sibande Region Netball playouts on Saturday, May 25 . All four teams qualified for the Mpumalanga Playouts on 8 & 9 June in Standerton. The U/17A team were Gert Sibande winners after winning all of the following teams: H/S Ermelo 16-6; H/S Standerton 17-8; H/S Hoogenhout 14-10 and H/S Secunda 7-4. The U/16A team were also Gert Sibande winners after winning all of the following teams: H/S Ermelo 26-2; H/S Standerton 15-9; H/S Secunda 12-9 and H/S Oosterland 26-7. The U/15A team will participate as the number four team after they lost against H/S Ermelo 8-9; H/S Oosterland 5-11 and H/S Secunda 8-9. The U/14A team will participate as the number three team. They won H/S Standerton 11-4 and H/S Oosterland  11-7. They lost 8-15 to H/S Ermelo and 19-12 to H/S Secunda.
 

READ MORE...

Snr Redenaars Kompetisie/ Sr Oratory Competition

Admin Admin - Monday, May 27, 2013

Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede Donderdag, 23 Mei, die Senior Redenaarskompetisie gehou.  Die wenners van die kompetisie sal Ligbron verteenwoordig tydens die Interhoër Redenaarskompetisie later vanjaar.  Baie geluk aan Peter Leibrandt wat eerste was met die onderwerp "The greatest inspiration in life - is a deadline!".  In die tweede plek was Talita Stapelberg met die onderwerp "Is die gras regtig groener aan die ander kan?"  In die derde plek was Mariesa Ferreira met die onderwerp "In Suid-Afrika is die muis baas."  


***


Ligbron Academy of Technology held their Senior Public Speaking Competition on Thursday, May 23. The winners of the competition will represent Ligbron during the Inter High speech competition later this year. Congratulations to Peter Leibrandt who was first with the topic "The greatest inspiration in life is a deadline!". In the second place was Talita Stapelberg with the subject "Is the grass really greener on the other side?" In third place was Mariesa Ferreira with the subject "In South Africa the mouse is boss."


Talita Stapelberg, Peter Leibrandt & Mariesa Ferreira


READ MORE...

Ligbron vs Hoogenhout 25/5/2013 Program by Ligbron

Admin Admin - Friday, May 24, 2013
READ MORE...

Hokkie Seuns bedank borge / Hockey Boys Appreciate Sponsors

Admin Admin - Monday, May 20, 2013

 

Die Eerste Seuns Hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie wil graag hul borg, Mnr. Matie Jacobs van Supa Quick Ermelo, hartlik bedank vir die spanklere wat hy vir die seuns geborg het. Dit lyk uiters profesioneel en dra by tot die span se goeie dissipline en uitstekende spel die jaar. Baie dankie.


***

The First Boys Hockey team from Ligbron Academy of Technology would like to thank their sponsor, Mr. Matie Jacobs from Supa Quick Ermelo, for the team clothes. It looks very professional and contributes to the team's good discipline and excellent play this year. Thank you.


Foto/Photo: The 1st Boys Hockey team with Ms Karlien vd Westhuizen (team manager), Mr Matie Jacobs and Mr Antonie Torlage (coach)




READ MORE...

RH Results 18/5/2013 RH Uitslag

Admin Admin - Monday, May 20, 2013

RUGBY

Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag, 18 Mei, hul derde wedstryd in die Mpumalanga Liga gespeel op die velde van Hoërskool Standerton teen Standerton.  Na 'n skittervertoning deur die rugbyspanne van Ligbron was die teleurstelling van die dag die naelskraapse verloor van 20 – 21 deur die John Wright Veneers Eerstespan.  Ten spyte van drie drieë teenoor twee in die guns van Ligbron was die strafskop telling nie in die guns van die Liggies nie.  Met 'n  halftydtelling van 12-10 in die guns van die Liggies, is daar in die tweede helfte net te veel foute gemaak en het Standerton die wenpunte met 'n  minuut speeltyd oor beklink met 'n  strafdoel om die eindtelling op 20 – 21 te staan te bring.  Mfundo Mposula het 2 drieë gedruk en Mbali Maseko het die derde drie gedruk.  Edwin Dinnematin het geslaag met strafskop en 'n doelskop.  Buiten die Eerstespan en O/16A's het al Ligbron se rugbyspanne geseëvier en die tellings is soos volg, Ligbron se tellings eerste:

 

O/14A : 47 – 5

O/14B : 27 – 5

O/15A : 29 – 3

O/15B : 27 – 20

O/16A : 5 – 32

O/16B : 40 – 15

Vierdespan : kry punte

Derdespan : 27 – 5

Tweedespan 24 – 7

 

HOKKIE

Ligbron se hokkiespanne het besonders goed gevaar teen Standerton.  Die dogters Eerstespan het gewen 6-2 terwyl die seuns Eerstespan 6-3 gewen het.  Die res van die spanne se uitslae lyk soos volg: o/14 (1-1); o/15 (2-1); o/16 (2-1); Tweedespan (2-3) en die o/16 seunsspan (1-2).   

 

Die volgende wedstryde vind op Saterdag 25 Mei 2013 op die Liggies se tuisvelde plaas teen Hoërskool Hoogenhout.

Foto:  Edwin Dinnematin en Mfundo (Volkie) Mpusula in aksie


RUGBY
Ligbron Academy of Technology played their third Mpumalanga League game on Saturday, May 18, on the home fields of H/S Standerton against H/S Standerton. After a superb performance by the Liggie teams the disappointment of the day was that the John Wright Veneers First Team lost 20-21 against their opponents. Despite three tries to two in favor of the Liggies, the penalty count against them within the last minute playtime concluded to them losing. With a half time score of 12-10 in favor of the Liggies, ​​too many mistakes cost them the game. Mfundo Mposula scored two tries and Mbali Maseko the third. Edwin Dinnematin followed up with a penalty and a conversion kick. In addition to the First Team and U/16A's Ligbron's teams triumphed and the scores were as follows, Ligbron scores first:
 
U/14A: 47-5
U/14B: 27-5
U/15A: 29-3
U/15B: 27-20
U/16A: 5-32
U/16B: 40-15
Fourth team: Points
Third Team: 27-5
Second Team:  24-7
 
HOCKEY

Ligbron hockey teams played particularly well against Standerton. The girls First Team won 6-2 while the boys first team won 6-3. Results for the rest of the teams were as follows: U/14 (1-1); U/15 (2-1); U/16 (2-1); Second Team (2-3) and the U/16 boys team (1-2).
 
The next matches will be on Saturday, May 25, 2013 at Ligbron on their home fields vs H/S Hoogenhout.
 
Photo: Edwin Dinnematin and Mfundo (Volkie) Mpusula in action



READ MORE...

Hokkie Bokkies Bekend / Hockey Bokkies Announced

Admin Admin - Monday, May 20, 2013

Ligbron Akademie vir Tegnologie het verskeie hokkie dogters en -seuns wat opgeneem is in die Bokkie spanne vir 2013.  Baie geluk aan elke speler met die puik prestasie.

 

Foto Agter vlnr:  Narine O`Neill (o/19); Charmonè Prinsloo (o/16 skaduspeler); Elsje van der Schyff (o/19); Sascia de Beer (o/19) en Johett Bruwer (o/19 skaduspeler). 

Voor vlnr:  Jaunë Walker (o/16) en Janneke Scheepers (o/14 skaduspeler) Afwesig : Ammori Greyling (o/16).

Seuns vlnr:  J.P Stander (o/19); Henrè Naudè (o/19); Gert Ehlers (o/19) en Glen le Roux (o/19).  Afwesig: Lemuel Haring


   


Ligbron Academy of Technology announced that several hockey girls and boys were included in the Bokkie teams for 2013. Congratulations to each player with their excellent performance.
Photo:  Back from left to right: Narine O `Neill (u/19); Charmonè Prinsloo (u/16); Elsje van der Schyff (u/19); Sascia Beer (u/19) and Johett Bruwer (u/19).

Front form left to right: Jauné Walker (u/16) and Janneke Scheepers (u/14)  Absent: Ammori Greyling (u/16).
Boys from left to right: JP Stander (u/19); Henré Naude (u/19); Gert Ehlers (u/19) and Glen le Roux (u/19).  Absent: Lemuel Herring



READ MORE...

Top
  • Follows us
  • Ligbron on Facebook